Switchfoot, Jars of Clay and a little bit of Third Day


Yes, this is indeed the view we had from the terraces as we enjoyed Jon Foreman of Switchfoot going big on stage (thanks to Keith for the lovely pic). Earlier we were treated to some nostalgia-triggering tunes from Jars of Clay. Unfortunately we were only able to see 4 songs from Third Day as we still had to tackle the 3 hour journey back on Sunday eve. Still, this amazing combination of gospel bands made the long drive worthwhile.
En dan oor na Riaan Cruywagen vir Elsa se Afrikaanse rubriekie...dis hoog tyd vir 'n komiese geskrif sou ek se!
Ons het die naweek gaan kamp so 3 ure Noord van ons af en dit was horribaal om die minste te se! Die "dam" waarna verwys is, was nie meer nie. Hulle het gese die watervlak is effe laag, maar wat hulle nie gese het nie is dat daar net stink modder plassies doer ver oor is. Ons het probeer afstap water toe, toegerus met handdoek, visplakke en elke ding, maar nee! Na die babadoek, stukkende "laailow" en reuk van ou ou water wat nie vloei nie, het ons die aftog geblaas. En dan kan ek tot my spyt noem dat daar NUL STORTE op hierdie kampterrein was. Wie was, weet ek nie! By die toilette, het iemand 'n prentjie van 'n ratelslang op die deur geplak, of liewer die muur, weens die gebrek aan 'n deur...mmm...ek wonder hoekom...en as mens die wasbak gebruik kom daar soms 'n d***erse bruin paddatjie se kop by die gaatjie van die wasbak uit (jy weet daar waar jou hand omtrent rus)... Jammer vir die woord, maar dalk gee dit gee bietjie perspektief op die situasie!
Dus: dit was sekerlik 35 grade, net stof, modderplasse en hier en daar 'n akkedis...o ja, en ons natuurlik! Waarom weet ons nou nog nie? Alhoewel Sondagaand was ons na 'n gospel-show van 3 van ons "favourite bands" daar naby. DIT WAS ONGELOOFLIK. Ons moes wel vooraf een van my vriendinne daar naby se woonstelletjie oorneem om te stort. Ekt gedog ek het getan, maar toe was als af! Was effe jammer dat ons 1uur die oggend eers by die huis gekom het, maar wat, ons is nog jonk sĂȘ ek! Dalk nie so wys as dit op 'n Sondagaand is en mens Maandag op 'n drafstappie moet instap by die kantoor nie, maar nietemin.

Dis dan nou al vanaf mev anti-padda tot volgende keer...

Comments

ann said…
What fun! We last saw those bands play when we were in high school! (Creation Festival, 1999, The Gorge at George, Washington) How time does fly.