Ons was so verlig toe Desember aanbreek, dit was 'n lang jaar! Na die los dingetjies by die huis klaar was en die kinders se videos bietjie op datum was, het ons die BMW stampvol en stofdig gepak en gery Waterberge toe. Dit was hemels!! Na 'n paar dae van lekker met mekaar speel en saam stap en swem het ons aangeskuif na 'n plaashuis daar naby saam met Oupa Chris en Oma Machteld. Nuwejaar was heerlik stil in die bosveld...
Zebula was volgende saam met Oupa Klasie en Ouma Marie! Ons is eers na amper twee weke weer tuis gewees! Sjoe wat 'n blessing om te kan weggaan, ons het dit baie geniet!!
Comments