Home alone


So wat doen mens as jou vrou jou vir 'n maand lank alleen los in Amerika, terwyl sy met al die vriende en familie in SA kuier?
a) Jy koop golfstokke natuurlik!!! (sien bo)
b) Jy skryf 'n blog daaroor (sien onder)

Die van julle wat in diepte na die photo loer sal opmerk dat my nuwe stel stokke die elegante naam "Zevo" dra. Kyk net 'n Chinees kan aan so 'n zef-o naam dink. Nie dat mens kan kla as jy die goedkoopste stokke op die mark koop nie (cheap-o). Die stel sluit ysters, houde, sak en 'n putter in, so eks nou reg om die befaamde Stanford baan te gaan aanvat (sodra die reen ophou).

Terloops, die ysters laat my onwillekeurig terugdink aan 'n golfer (al die golftoer manne sal weet wie dit is) wat jare lank met Tour Models gespeel het omdat hy kon sweer dis "presies dieselfde" as Taylor Made's. Ek gaan myself ook probeer oortuig hierdies is so goed soos Callaways (lyk nogal soortgelyk).

Oor die houte is ek minder selfvoldaan: Ek was geskok om uit te vind dat daar al 5 reviews was van ouens wat die drywer se kop gebreek het op die eerste uitstappie... (http://reviews.golfsmith.com/8567/ZVF100/reviews.htm)

My gereelde golfpelle sal op hier punt seker opmerk dat ek nie genoeg krag op my drywer sit om enigiets te breek nie (behalwe dalk 100) maar dis nietemin kommerwekkend. Gelukkig het meeste winkels 'n vreeslik liberale geld-terug waarborg (soos ons met die afblaas matras uitgevind het), so ek sal maar hierdie naweek die drywer bietjie gaan inbreek.

Enigiets om minder na my vrou te verlang!

S.

Comments

Unknown said…
Bly om te sien jy het nie die hobby gekick nie!! Kan ons jou nou Stev-O met die Cheap-O Zev-O's noem?

Ek het my King Cobra se kop ook afgeslaan, net bokant die kop op die shaft gebreek... weet nie wat Senior (read hierdie-is-presies-dieselfde-as...) met die ding gedoen het nie... maar nou moet ek hom laat fix... eish.
Jammer om te hoor jou kobra se nek is omgedraai Jubs! Ek het uitgefigure hoekom hierdie Drywer van my se shaft nog nie gebreek het nie: die shaft is so slap dat selfs Skalla hom op die golftoer se gefade het... :-)
Unknown said…
hehe, ja nee so loop hy seker maar, dis dalk die results van kop-af-en-force ;). Jy meen Schalla met sy Candian sou daai outjie kon fade, met die follow through kielie hy jou wang?

terloops, ek het ge-retire van die TdF af... as jy nie reeds weet nie...