Dagsê!! We are still surviving the (h)U(ge)SA.
Als is HUGE hier..huge karre, huge take-aways, huge bottels shampoo, huge bome, huge matrasse, huge taal-verskille en huge gesukkel by tye ook.
Dit daar gelaat, sal almal dan seker verstaan dat ons dus 1,5 liter shampoo in ons badkamer het, 1liter ketchup in die kombuis, 'n hengse lot waspoeier (ek kon nie lekker die Spaans op die pak verstaan nie) en selfs ons SA laken (met moeite saamgevlieg) nie heeltemal op ons huge bed pas nie. Snaaks genoeg is fietsdiefstal 'n huge krises op kampus en mens moet dalk maar jou helmet dra as jy tussen al die huge trokke deurry oppad winkel toe.
Gepraat van die winkel: dis nie eenvoudig nie! Jy sien Stanford hét 'n shopping centre...maar met 'n HUGE onderskrif is dit dan ook die duurste in die omgewing. Elsa en Stephan het dus te bus (HUGE bus - nee, ek joke net!) Walmart gaan opsoek. Met al ons HUGE kruideniersware het ons uiteindelik als in die bus teruggekry kampus toe.
Volgende trippie was toe te fiets en te "backpak". Die Checkers se ander naam in die USA is Safeway. Dit was dus 'n goeie eksperiment om te kyk of fietse of busse die beste werk vir inkopies. Ons het egter besluit daar is redes hoekom mense kar ry.
Maar kar-koop is nie perde-koop nie. Een van ons moet 'n kaliforniese bestuurslisensie eers kry. Dit behels 'n tipe leerling-eksamen oor padreels ens en daarna wragtag 'n bestuurstoets. Ok, as ék 'n Suid-Afrikaner moes loslaat sou ek seker ook eers wou kyk of hy regtig regs kan bly, maar steeds! So ons is vir eers nog op ons fietse. Ek dink ons word maerder darem!
Verder begin Stephan se oriéntering more, die professor lyk heel vriendelik, maar dis nie technikon Noord-Wes hierdie nie. Arme Stephan gaan bietjie harde bene kou vermoed ek. Die huisvrou lewe het dan ook sy aanvangs geneem. Gister byvoorbeeld het die huisvrou heeldag by die huis vrou gewees. Ha-Ha! Nee, ek moet bieg, hierdie huisvrou gaan moet begin swot of iets, want dit voel of die vakansie nou klaarkry, iets moet begin gebeur! Die laundry is dan nou ook ietsie wat ek kan bespreek: sien dit werk so....as die huisvrou instap gaan die lig outomaties aan. Wat????? Dis haar oomblik van glorie ok...dan gooi sy haar huge baie klere in die huge masjien...seep in...druk knoppie. Daar is 3...een vir "Whites", een vir "Colored" en een vir "Delicates". "See easy, press button and it washes"...38 minute later is dit klaar...huisvrou kom in, lig gaan aan, huisvrou gooi haar wasgoed in die tuimeldroer en "see easy, press button" 3 knoppies weereens en nou kom die goeie deel ........ 15 minute.......en dis klaar!!!!!!! Awesome? Net 15 minute...huisvrou vat die mandjie op boontoe, hang op sodat dit nie hoef gestryk te word nie, haal dié hemp met fietsgrease weer uit vir nog kol-verwyderingmiddel sessie, en siedaar..wasgoed klaar...my enigste vraag is: wat moet huisvrou nou doen?
Mr en mrs Hoi Goi Yoi of so iets het voor ons in die plekkie gebly. Ons het dit van die pos in die posbussie afgelei. Elk geval...ek het dus nie nodig gehad om die boonste kaste uit te was nie. Mrs Goi kon natuurlik nie daar bykom nie...tensy sy die goed ge-goi het! Hie-Hie!! Dalk was dit vir hulle 'n familie suite, want as hulle dwars op die lang bed geslaap het kon die hele familie sommer inpas langs mekaar!
Naweek was regtig ongelooflik!! Ongelooflik ver, ongelooflik hoe ongemaklik so bus kan wees, ongelooflik hoe swak Engels baie ander mense praat, ongelooflik mooi en ongelooflike lekker kos gewees..Ongelooflik voel dus vir my na 'n goeie woord om te gebruik. Daar was selfs een Suid-Afrikaner saam met ons op die bus. Hy swot regte en is al 'n maand hier. Dit het nogal gehelp om bietjie Afrikaans te praat en hy het al 'n paar dinge meer uitgevnd as ons. Ons het bietjie "sight-seeing" in die Yosemite park gedoen die naweek. Lyk my die plek waar ek sal moet UNISA eksamen skryf is daar naby....HOND VER DUS...dink nie dis 'n pad wat ek alleen sal aanvat nie, so 4 en 'n half ure ver.
Ons het gaan stap, bietjie berg geklim, bietjie in die rivier geswem en bietjie in 'n tent gebly. Die unisex badkamer was nogal vreemd, veral omdat die deure van daardie is wat net mens se middelste helfte toemaak. So jy sak neer op die loo en beskou die vreemde man langs jou se pajamas hier onder deur jou muurtjie loer en dan skielik is jou piepie weg. Ekt my man dus heeltyd saam gevat....voel veiliger!
Laat weet hoe dit gaan...huisvrou soek geselskap...
huisvrou juiced
Comments