'n Nuusflits...


Voordat almal vir Krismis weg van komper-land af beweeg, het ek net gedog ek gee weer 'n vinnige nuusflits van die junior Jooste-gesin, of liewer "Stefaaan en Allison, what? O Allison.."
Nie veel te rapporteer nie ongelukkig!

<'n gedeelte van hier brief is gesensor op hierdie punt, jy weet hulle sue mos vir enige ding hier, so ons speel maar eerder veilig...>

Nog ietsie om te noem is dat Stanford 'n ongelooflike orkes het. Die blaasorkes-tipe...ek weet nie of die daggablaar-prent in die tuba iets moet sê nie, maar gerugte loop dat die orkes laasjaar hulleself laat verban het van enige sportaktiwiteit omdat hulle nie agtergekom het hulle het hulle hele "bandshack" (die villa waar hulle moet oefen), aan die brand laat gaan nie. So dalk is daardie dan 'n nuwe daggablaar in die nuwe tuba! Hulle het 'n nuwe blaadjie omgeslaan hierdie jaar..Stanford se mascot is 'n boom. Ja jy het reg gehoor...hierdie hoog-aangeskrewe akademiese omgewing het vorendag gekom met die "boom-idee". Dus mnr boom, word elke jaar gekies na streng keurprosesse. Mnr boom moet ten minste van die kapel se dak probeer afspring of blykbaar iets in daardie lyn doen, voor hy oorweeg word. Die ou moet goed deur die blare wees jy weet..elk geval, hy word dan ge-issue met 'n goeie paar groen Wimpy-tekkies en 'n pakkie wat die mense die hele jaar laat wonder "wat op aarde hy is?". Dus mnr boom hol dan saam met die band rond, selfs 4uur in die oggend kom doen hulle vir ons 'n vertoning voor ons venster...ek wonder nou nog of die boom te veel rook, en of die band te veel boom rook?

Laasweek was die BIG GAME..ek en Stefaaan het gewonder hoekom hulle so opgewonde is, want as mens die hele jaar verloor het, weet ek nie wat is jou kans nie, maar dis die BIG GAME teen Berkeley. "Football" is regtig nie 'n sport waaraan ek gewoond kan raak nie, eks jammer, ekt probeer, maar elke keer as die hele spel stop omdat die advertensies op TV nog nie klaar is nie, het die sport punte verloor! So vir 'n week het daar uurliks 'n toeter of 'n ding wat klink of die Derde wêreldoorlog per trein oppad is geweergalm deur die plek. Dag EN NAG. Ons bly die naaste aan kampus...ek dog die trein makeer iets...die band was buite beheer, die Stanfordians van vier geslagte terug het opgedaag met hulle motor-homes, RV's of wat die goed ook al genoem word en uitgekamp by die hek...dit was HUGE!! Stefaan en ek het ook gaan kyk, nie op die stadion nie, maar by 'n Duitse ou wat getrou het met 'n Russiese meisie. Sy het darem na die helfte van haar drankie begin verstaan wat ons sê, of dalk het sy net nie meer omgegee nie. Ek het ook nie, om dei waarheid te sê! 'n Mohita of 'n ding het hulle vir my gegee...kyk, ek was inhibisieloos, het gesels asof hierdie mense wéét wat is Marmite, Chutney en Ouma beskut...teen halftyd, het Stefaan my hoek toe gevat en ekt saam met twee ander girls eerder gaan fliek..haha! Genoeg Mohita vir eers...

Stefaaan skryf bietjie eksamen hierdie week, Allison het so baie klas bygewoon hier by Stanford dat hulle haar al vrae vra in die klas. Ek dink nie die klas het baie gehelp nie, want ek het heeltemal verkeerde antwoorde gegee, maar wat! Hulle het elk geval te veel gesukkel met my aksent en moed opgegee...

Verder is dit nou amper-amper winter. Hulle se dis nog nie koud nie, maar jete, ek wonder hoe baie hulle dan fietsry!? Ek het so baie kappies op ek kan nie lekker kyk vir die karre nie. Dalk is dit hoekom Stefaan vir my 'n hengse rooi, pienk en orania mus gekoop het? Sodat niemand my kan mus nie...

Laat Allison weer swot...laat dit gaaf gaan daar!

Die "Juice-tis"

Comments