See Spot Run!




Twee Juice'tis is amper 'n "jug"...want twee was darem nog altyd beter as een!

Ons is weer herenig! Weet nie of dit die nuwe oranje-rooi baadjie was Stephan aangehad het of die nuwe oranje-rooi hare wat Elsa Stanford toe gebring het nie, maar ons ontmoeting op die lughawe was erg vreemd. Ek moet miskien bysê dat indien iemand oorweeg om in die tas-steel bedryf in te gaan, is San Francisco lughawe die beste plek...mens kom eers uit die vliegtuig tot binne die lughawe voordat mens jou tas gaan haal, wat impliseer dat enige siel enige siel se tas kan vat selfs al was vlieg nooit deel van die spektrum nie. Van spektrum gepraat, Elsa se hare was sterker na die rooi-kant as wat sy beplan het, maar nietemin! Rooi is mos 'n warm kleur...

Elk geval, terug by die storie, Elsa was nog besig met die handbagasie en het beplan om darem 'n ou lipstif of so te gaan aanwend voor die groot ontmoeting. Na die 27 ure lyk mens net nie op-en-top nie, maar ja! Toe ek verby die winkeltjie stap wat ek dog is sekerlik duty-free shopping, sien ek iemand wat verbasend na Stephan lyk. Met 'n oranje-rooi jakkie wat hy nuut gekoop het en ek natuurlik nog nie gesien het nie..en ja! So sonder lipstif herken ons toe mekaar. Siedaar...ekt rooi tulpe en oranje Gerbera's gekry wat toe mooi inpas by die kleurskema..

Vyf ure later het ons toe ook vir ons 'n vierwiel vervoermiddel aangeskaf. Ekt besluit dis 'n wagie-wa, want wie nie waag nie, wen nie...Sy naam is Spot, en dis nie toevallig dat die foto aan die donker kant is nie, want dis al wanneer ons kar sy blink kant bo hou. Ek moet bysê dat ek 5 keer heen-en-weer met ons asblik-emmer moes beweeg sodat mens darem deur die vensters kan sien. Dis 'n great kar!! Ons het ewe skielik tyd vir baie meer as net een keer per bus winkel toe wat die hele dag vat! Elsa moet nou nog net haar bestuurslisensie doen...hulle sê in Amerika bestuur die mense aan die "right side of the road" en oral anders "the wrong side".

Stephan het nog net 2 en 'n half weke oor voor Quarter 2 klaar is. Elsa soek werk en dis omtrent dit. Dit was lekker om almal te sien in SA en by dié wat ek nie uitgekom het nie...eish! Die tyd hy het my gevang...Oor en uit my storie is uit!




Comments