Die SKUGERS was hier!!! Dit was AMAZING..."the XING of our paths". Ekt amper begin saam-travel, maar toe sien ek hulle fietse en hulle kuite en laat hulle maar in vrede gaan..kyk, die Skugers is "world-class backpackers"...ek kan nie eers met so min bagasie 'n "overnight" bywoon nie, "nevermind" vir 'n jaar aan't reise gaan! Het wel gedink hulle moet kom aftree hier...alhoewel ek twyfel of hulle ooit die fietse sal neerlĂȘ, dink hulle het reeds begin met die beplanning van World-trip nr 3. Die soort waar mens van die "The Loneliest Planet Guide" gebruik moet maak. Of jou eie een skryf. Dink hoeka hulle het daaraan ook reeds gedink...
Die "Jui-gers" het darem 'n paar weird and wonderful plekkies in San Francisco gaan verken. Want verder het die Juice'tis net weer die Skugers aan die dinge van die gewone lewe blootgestel (ingeval hulle dalk sou vergeet hoe die tiep van ding gaan). Dit sluit dan ons amazing laundry in, ons "old faithful" bus nr 22 Walmart toe, 'n onderhoud (en die gepaardgaande senuwee-agtigheid) vir Mrs Juiced, klasdraf vir Mr Juiced en BAIE skottelgoed. Moet dit weer sĂȘ...BAIE skottelgoed. Ons het hulle laat was en was en was en was...dalk is dit hoekom hulle nie nog 'n aand wou bly nie, "come to think of it"?
En dis dit..hulle is in die midlands van Amerika in met 'n hengse van (tipies Amerikaans)! Ons huis ruik lekker van Mexikaanse koffie met "ge-froth"de melk en ek sien hulle het 'n Mexico guide in ons boekrak gestoor...'n subtle hint dalk...!? Adios Amigo!!
Comments