Juba


Die twee Stanfordians wil graag hulde bring aan ons goeie vriend Juba, wat Maandag onverwags Huis toe is.


Vandag dink ek sommer dat Jesus ons leer bid het,

"Onse Vader......
Laat U wil geskied......
Gee ons vandag ons daaglikse brood..."

Ek wonder of dit is omdat Hy geweet het ons het Romeine 8:28-tipe dae waar ons vol selfvertroue wéét dat als ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. Daardie dae waar dit maklik is om te bid

"Onse Vader...
laat U wil geskied..."

En Hy weet ons het Psalm-dae vol worstel, trane en donker-gedagtes. Waar mens eerder die "wil" sin wil uitlos en net vra vir daaglikse brood. Vir krag, vir nou. Maar albei sinne staan daar. Vir ons Romeine 8-dae, ons Psalm-dae, ons lag-dae saam met goeie vriende en lekker herinneringe en op dae sonder lag, waar dit al is wat oorbly om te sê:

"Onse Vader...
Laat U wil geskied...
Gee ons vandag ons daaglikse brood..."


Translation: This entry is in memory of a good friend (center in the photo) who was tragically killed on Monday. It's comforting to know his eternal salvation was secure in Jesus Christ. But we'll miss him...

Comments