Elsa moes twee eksamen vraestelle in hierdie gebou afhandel 19 en 20 Januarie...
Fresno lyk vir ons net soos Bloem. Baie plat, groter as wat mens dink, plaasgebiede in die omtrek, baie warm in die somer, baie koud in die winter...en baie koeie natuurlik!
Dit was jammer dat al wie opgedaag het op 19 Januarie, Elsa en 'n koei net regs van waar hierdie foto geneem is, was. Stephan het gemeen dat koeie definitief "Family Food" is, maar ons is nie seker waar die "Science" deel inpas nie. Dit was "Martin Luther King" day in die US die 19de Januarie. Ai! Die Joostes het natuurlik glad nie daaraan gedink nie, want Stanford funksioneer op 'n ander skedule as enige ander "State University" en geen Stanfordian was op "holiday"nie. Nie eers Steph wat na 'n klanklose TV moes staar in die motel, terwyl Elsa by 'n tafeltjie swot nie (die klanklose TV was ter afwisseling van die "The Philosophy of Institutional Change" handboeke)!
UNISA het my toegelaat om albei vraestelle die 20ste te skryf...6 ure Wiskunde was minder snaaks hier na so 4 en 'n half, maar wat! Ten minste was dit afgehandel...
Elsa kry more haar uitslae...mmm...weet nie wat die koei daarvan gaan dink nie!?
PS - This is the building in Fresno where Elsa did her exams this year...she'll get her results tomorrow!
Comments