Subaru...what a ca?

Ja-nee kyk, ons kar het nou reeds sy derde naam...eers was dit "Spoednie"...toe "Red October" en nou het ek en Steph besluit dis amptelik "Kalf". Soms bulk hy voor hy breek en soms breek hy net. Ek wil nou nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar sedert ons terug is van ons fantastiese vakansie na SA in Desember/ Januarie het Kalf sewe maal besoek aan vier verskillende "mechanics" gemaak en 'n kar het agter in ons vasgery. Maar die Here het vir ons gesorg en dit wil voorkom of Kalf klaar gekalf het...nou hoop ons vir die sewe vet jare...

Comments