My liefste lyfies (amper 2 en 3 maande)

Julle twee het my lewe op sy kop gedraai!! Ek het nooit gedink dat ek selfsugtig leef nie, nooit het ek gedink dat ek nie onvoorwaardelik liefhet nie...tot julle tweetjies hier was!

Theodore, jou glimlag en laggie uit jou maag uit laat my hart warm! Jy is 'n absoluut sprankel mens met soveel aansteeklike lewensvreugde, dit is vir my beautiful...ek kan dikwels nie help om saam met jou te 'harkoop' net omdat dit jou soveel genot gee nie. 'Mamma sping, mamma sping' is nog een van jou gunsteling aanmoedigings trampolien toe. Jou intense manier waarop jy dinge bestudeer is amazing. Dit laat my besef dat jy alles sien en 'n ongelooflike hoeveelheid info inneem! Dis soms vir my scary. Mag die Here ons genade gee dat ons Hom reg uitbeeld vir jou. Soms, kom jy dan ook met die wonderlikste goed vorendag. Soos die rugby skop beweging waar die bal geplaas word, twee tree terug, armpie wys en dan die groot skoppoging! Dit het jy self op die 'tb' gesien! As jou Pappa die bal oor die dak skop, is dit natuurlik die hoogtepunt van jou dag...of sweeties sal ook die ding doen. Jou nuutgevonde liefde vir suiker is vir my effe kommerwekkend!

Teken met kryte, bordkryt of verkieslik rooi penne is deesdae 'n groot gunsteling....net 'n kortkoppie agter klei speel...Mamma geniet jou verskriklik, Pappa wat 'soentoe ry binnig binnig werk toe' ook...veral wanneer jy na my derde poging om die bovril oop te kry se 'Mamma sikkel' of so nonchalant na Reghardt sy hele voeding verloor het se 'boetie spoeg'!

My wens is dat jy die Here se vrede in jou hart sal ervaar en jou gees sal weet dat daar 'n hemelse Vader is wat jou oneindig liefhet. En 'n Pappa en Mamma wat dit probeer uitbeeld in die elke dag se wasgoed ophang, pap eet en tjippies koop by Checkers!

Reghardt, Mamma leer stukkies van jou ken elke week! Jy is 'n verstommende babatjie....so vriendelik, geduldig en sweet, laat my baie aan jou Pappa se temperament dink! Jou glimlaggie laat my hart smelt en jou wolkoppie teen my skouer is vir my een van dis heel beste dinge wat nog ooit met my gebeur het!! Jy is 'n absolute blessing in die huis...hoop jy voel gekoester en liefgehe nie net deur ons drie nie, maar deur Jesus ook want dis my hart vir jou!

Dalene Reyburn se haar wens is dat haar twee seuntjies se harte 'knitted together' sal wees, dat hulle daar sal wees nou en eendag, mekaar se 'wingmen'....Mamma bid vir hartjies sag teenoor mekaar, dat julle tjommas sal wees wat die vreugde in die lewe kan deel nou al en ook eendag en die in tough tye van die lewe mekaar sal dra, mekaar se oe sal lig na Jesus, die begin en voleinder van ons geloof en vir mekaar sal intercede!

Ek lief julle meer en meer elke dag, Pappa en julle is my hart se punte! Ek leer by julle, die Here gebruik julle om my te snoei en ek het soveel vreugde en vervulling as gevolg van julle, elkeen van julle so GROOT GROOT geskenk uit die hemel....lief julle so baie!!


Comments