Roadtrip...mmm....ons is op die oomblik in, kom ons noem dit die dorpie-sonder-naam, of liewer die plek-sonder-dorpie is 'n beter beskrywing. Dis tussen Niks en Bryce Canyon in Utah. Ons het Maandagoggend vertrek met 'n legendariese fietsrak met ons mountain bikes op (Chanel sou trots gewees het), tent, warm baadjies net vir ingeval, en viennas, "instant oats" en kaastoebroodjies (ek word nou beter met die vroutjie-sorg-vir-padkos-ding!)
Die vakansie het afgeskop met 'n 8-uur lange trippie tot op Needles. Ek skryf heeltyd "Needless" per ongeluk! "Needless to say" gaan daar nie veel aan nie. Die dat ek en Steph besluit het kook op 'n kampstoof in 'n motelkamer is mos bobaas! Stukkies boerewors en ontvriesde rys later is ons weer oppad die volgende oggend. Ons het Vegas net-net misgery en so ook die "Grand Canyon" en ek weet die vraag op jou lippe is "is so iets moontlik?". Ja-ja, ons het bietjie met die GPS gesukkel, maar eintlik werk die Juiced's met 'n plan! In Junie kom Nicolene en Lindie uit London kuier en die bogenoemde plekke is op die agenda. So hou die Juiced's dan padlangs verby oppad Monument Valley toe. Ek raak toe al halfpad so opgewonde, ek begin sommer so foto's neem in die ry (Chanel sou nie trots gewees het nie!). Dis rooi en mooi...ons is verby 'n paar van Joshua se bome en verder klippe en sandkasteel berge, rooi en wit en groen karoo bosse in die voorgrond.
Comments
Dit lyk amazing!
Baie geluk met julle nuwe kar!
Ek skuif nou voor my rekenaar aan in vir 'n lang nag van verslae en assignments!
Hoop dit gaan goed daar!
XXX